DIE BOEK DANIEL

DIE PROFEET DANIEL

Drome vertel die Einde van die tye

Inleiding tot die Boek.

Om te weet wat in die toekoms met jou lewe gaan gebeur is seker beide opwindend en vrees aanjaend.  Dink net die spanning indien jy weet dat ’n komende ramp sekonde na sekonde onafwendbaar nader kom, maar ook die opgewondenheid om uit te sien na die een of ander sukses of voordeel wat op die horison wink.  Bybelse profesië  het egter nie die indiwidu se belange in gedagte nie, maar God wil die mens, maar ook die mensdom gereed maak vir dit wat Hy vir die aarde in gedagte het.  Dit is opgewonde om te weet dat die einde op ’n algehele oorwinning van God oor sonde praat, met ’n dringende waarskuwing vir die mens om hom met God te versoen deur Jesus se offer van Homself en die pelk van elke mens aan te neem.

Die boek Daniël word allerweë beskou as ‘n profetiese geskrif wat die toekoms- gebeure op tipies Ou Testamentiese wyse ontbloot.  Beelde, Ou Testamentiese gewoontes en – gebruike saam met God se unieke manier om dinge stelselmatig te ontbloot, word gebruik om die inhoud van Daniël bekend gemaak.  Daar was ’n unieke werkswyse waardeur God, Homself deur die Heilige Gees, aan die profete geopenbaar het wat drasties verskil het van Sy openbaring in die Nuwe Testament.

Die Profete het die totale profesie gesien sonder om detail te sien en onderskeid te maak tussen die tydsfaktor tussen verskillende profesië.  Die boek Daniël, saam met die boek Openbaring, trek die sluier wonderbaarlik weg op God se profetieseplan wat reeds in die verlede geprofeteer is.  Beide boeke is glad nog nie in hulle geheel vervul nie, maar bied ’n duidelike onderskeid wat vervul is en wat nog vervul moet word.  Die boeke komplimenteer mekaar op ’n pragtige manier deur beide se simetrie, harmonie en orde.

Veral, in die geval van die boek Daniël, is dit baie belangrik dat die leser die geskiedenis moet ken om te sien wat vervul is en wat in die proses staan om vervul te word.  ’n Ander rede dat die student van Bybelprofesië die geskiedenis moet ken is dat kennis ook geloof versterk en ook gesag aan Bybelse profesië bied.  Indien die verlede letterlik vervul is, sal die onbekende van die toekoms ook letterlik vervul sal word.  Daar is gesê: “Openbaring verduidelik Daniël en Daniël lê die fondasie vir die gesonde begrip van die boek Openbaring.”  Dus kan die een nie sonder die ander verstaan word nie.  Die rede dat mense Openbaring as ‘n “toe” of onverstaanbare boek bestempel, is omdat hulle nie die fondasie van Daniël gebruik as wegspringplek nie.

Wanneer die profesie en geskiedenis van boek Daniel gelees of bestudeer word, moet die leser onthou dat Daniel seker die eerste profetiese boek is wat handel oor gebeure wat nog in verre toekoms vir sy tydgenote gelê het. Boek Daniel handel primêr oor die gebeure gedurende die ballingskap van Volk Israel, maar bring hier die eerste keer die lesers in aanraking met die brgrip “Tye van die Nasies”.  Hier word die verloop van Nasies behandel in hul huidige era, maar ook nasies soos hulle die wêrelsarena sal oorheers. Die primêre fokus met die begrip “tye van die Nasies” is om toekomstige nasies te bespreek, wie volk Israel sal oorheers, maar ook sekondêr, met die oog op toekomstige Bybelprofesie, wat sal strek tot aan die einde van die Groot Verdrukking.  Die Here Jesus herinner die volk dat, wanneer hulle die “teken van die verwoesting sien”, verwys Hy na twee gebeurtenisse. Die eerste is wanneer Antiogus Epifanus, die Grieksekoning, die tempel in Jerusalem sal verontreinig, maar ook na ’n tweede vervulling van dieselfde gebeurtenis.

Dit sal eeue later ook in Jerusalem plaasvind, ook in die herboude Tempel, maar dan sal die Antichrist die tempel betree en eis dat elke mens Hom sal aanbid en dat sy merkteken op hulle voorhoofde of regterhande sal wees, wat hul lojaliteit aan hom sal bevestig.

Die “Tye van die Nasies ” strek oor die tydperk, wat begin by die ryk van Babel, wat daniel en sy mense weggevoer het, toe en met die vernietiging van die Antichrist, aan die einde van die Verdrukking. Huidiglik is dit ’n tydperk wat al meer as 2 600 jaar strek. Jerusalem is verwoes en die bannelinge is reeds in 605 vC weggevoer en sal aanhou totdat die Verdrukking verstryk, wat sewe jaar na die Wegraping van die kinders van God sal plaasvind.

Saamgevat: Daniel fokus op die tye van die Nasies, wat Jerusalem sal vertrap, tot wanneer Jesus terugkom en in Jerusalem vir die volk Israel die beloofde Koning sal wees. Aan die anderkant is die Openbaringboek se fokus pertinent op die gebeure, na die Wegraping, die openbaring van die “mens van sonde” of Antichrist, waarvan beide Johannes en Paulis na verwys, tot by die Twee Koms van Jesus na die aarde en die 1 000 jarige Vrederyk. Hier verslaan Jesus die Antichroist se magte en neem Hy die Koningskap van aarde oor.

’n Ander interressante opmerking om ook te maak is dat die boek in twee tale geskryf was. Hoofstuk 1 vers 1 tot 2:4a, asook hoofstuk 8:1-12:13 is geskrewe in Hebreëus. Hooostuk 2:4b-7:28 is weer in Arameërs geskryf. Daar is geen duidelike rede hiervoor nie, maar dit blyk dat laasgenoemde gedeelte, wat ook die grootste gedeelte is, handel oor Daniel se memoirs, asook Nebukadnesar se belewenis met die God van Israel en san ook die gedeelte wat die gesig van die vier dier-koninkryke beskryf. Dit is dalk gedoen sodat groter bevolking wat eerder Arameës gepraat het dit sou verstaan. Die Hebreeusegedeelte is dan weer omdat dit, veral hoodstuk een die verhaal van vier Joodse seuns vertel wat as bannelinge weggevoer was. Die tweede gedeelte, hoofstuk 8 tot 12 handel grotendeels oor die Volk Israel se toekoms onder vreemde tiranne, soos Antiogus (IV) Epifanus, en sou dalk nie relevant vir heidense nasies van die tyd gewees het nie.

Daar word verder, algemeen aanvaar en stem die meeste Bybelverklaarders saam dat die boek Daniel die sleutel is tot die verstaan van die laaste boek van die Nuwe Tastament, Openbaring.

Vyf sleutels word voorgehou as deurslaggewend om Openbaring reg te vertsaan en reg te interpreteer.

  1. Begin by die boek Daniel en verstaan dat God Israel sentraal hou in profesie.
  2. Interpreteer dinge letterlik – die boek het beeldspraak, maar dis ware gebeure.
  3. Simbole is makliker om te verstaan as wat die normale leser dink.
  4. Boek is kronologies geskryf, met tussenvoegsels.
  5. Fokus op Israel en nie die Kerk met gedeeltes wat die Verdrukkingstyd beskryf.

Hoofstukke een tot ses is geskiedenis en dan van hoofstuk 7 en verder is dit profetiese beloftes wat aan die Profeet bekend gemaak is, rakende die Volk Israel.

Hoofstuk 2 is beide geskiedenis asook profeties, aangesien die droom van die beeld dui op koninkryke wat sou heers. Sommige het toe nog nie eers bestaan nie. Meer detail later.

Hier volg ’n skematiese voorstelling van waar en hoe die verskillende profetiese hoofstukke by die geskiedkundige hoofstukke inpas:

Hst. 2 Hst. 7-8 Hst. 9, 11-12 Hst. 10
Hst. 1 Hst. 2 Hst. 3 Hst. 4 Hst. 5 Hst. 6
NEBUKADNESAR BELTSASAR DARIUS KORES
BABELONIESERYK MEDER-PERSERYK


Hoofstuk 1.

Wie is soos die God van die vier jong seuns?

Die nood aan ‘n morele fondasie om God se standaard te verstaan.

Die Boek Daniël begin nie van die staanspoor met God se profetiese plan nie, maar stel eers ’n standaard om die God van die Belofte te verstaan.  Die eerste ses hoofstukke word as geskiedkundige feite weergegee om die persoon wat die profesie aan toevertrou is se gesag te vestig, maar ook om dit pertinent te stel dat God beheer het om Koninkryke te vestig en weg te neem.

Net in hoofstuk twee word profesie in die geskiedenis ingeweef om die oorsprong van die Belofte te vas te maak.  Daar is twee redes waarom God hierdie werkswyse neem:

Jesus maak van die profeet Daniël die wegspringplek van Sy eie verhandeling oor  die eindtye.

Mat 24:15  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

Jesus het geweet dat daar van die eerste kritiek, van modêrne kritici, aangaande die egtheid en datum van Daniël en sy profesie sal wees.  Daar word gesê dat Daniël, of die korrekte skrywer, eers jare nadat die ryke reeds aan bewind was en die mag reeds verskuif het na Rome, die boek 200 jaar later geskryf is met kennis en toe gemaak asof dit voor die tyd geskryf was.

Dit is een van die mees algemeenste aanvalle teen ware profeië om die gesag daarvan te verydel en nietig te verklaar, omdat profesie geskiedenis is wat vooruit geskryf was.

Die tweede rede is dat die leser kan verstaan waarom die Ballingskap noodsaaklik was.

Die volk Israel het vir 490 jaar nie God se Sabbatsjare nagekom nie en daarom het God die Volk weggevoer sodat die land kan rus vir die tyd wat die volk dit misbruik het in ongehoorsaamheid.  490 jaar is dus 70 Sabbatsjare wat nie nagekom is nie.  Daarom het die profeet Jeremia aan die Volk geprofeteer dat hulle weggevoer sal word en vir 70 jaar in Ballingskap sou bly.

Kom ons begin by die heel begin:

Die Here het die Volk gewaarsku dat ongehoorsaamheid aan God se instellings van die Sabbatsjaar, dit is een jaar rus vir elke 7 jaar van plant en oes, dat Hy die Volk sal straf en daarvoor verantwoordelikheid sal eis.

Lev 26:31  En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.  :32  Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.  :33  En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.  :34  Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.  :35  Al die dae van sy verwoesting sal dit rus die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.

In die Kronieke boek lees ons die geskiedenis van wat gebeur het toe die Babeloniesemagte Jerusalem binnegeval het en wat die rede hiervoor is.

2 Kron 36:19  En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is. :20  En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het, :21  sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.

Wanneer ons na Jeremia se profesie gaan, sal ons sien dat dit presies dieselfde gedagte en oorsaak vir hierdie saak was.

Jer 25:11  En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien. :12  En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak. :13  En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het—alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies. :14  Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.

Hier word ook ’n verdere deel van die uitvloeisel van God se profesie gestel.  God gebruik ander nasies om Israel te straf, maar indien die nasie dit misbruik en nie hulle tot God bekeer nie, hulle later dieselfde pad sal loop.  God is ’n God van orde maar ook regverdig.

Wanneer een Volk optree ten koste van ’n ander, moet die Volk, wat nou voordeel trek, ook Hom in gedagtesnis hou dat dit Hy is wat hulle voorspoed en seën bied, maar dat hulle ook aan Hom gehoorsaamheid en eerbeid verskuldig is. Ons sal dit ook duidelik na vore sien kom in die boek Daniël, vergelyk hoofstuk 4, 5 en die profesië van hoostuk 2, 9 tot 11.

Historiese Agtergrond.

Dan. 1:1-2  In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.  :2 En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ’n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

Die verhaal skop af met spresfieke datum, wat die leser in die geskiedenis kan vasmaak, asook die ooreenstemmende gedeelte in 2 Kron. 36 en 2 Kon. 24 kan gaan lees. Jojakim se regering het gestrek van ongeveer 609-598 vC. Koning Jojakom se derde jaar van regering het begin in Tishri (Sept-Okt) van 606 tot Tishri (Sept-Okt) 605 van die volgende jaar. Hierdie gebeure het saam afgespeel met die neerlaag van die Egiptiesemagte by die slag van Karkemis en die dood van Nebukadnesar se vader, Nabopolassar, in 605vC.

Daniel gebruik die word “Adonai”, vir Here, in vers 2 wat Hom net net Meester (Lord)  maak nie maar “Besitter” of “Regeerder” van Jerusalem maak. Die Hebreeuse woord vir “gegee”, is ook belangrik, aangesien net die “Besitter” van iets, die iets kan weggee aan ‘n ander.

Dit bewys dat die God van Israel nie hier aan die slap was of dat die inval Hom onkant betrep het nie.  God, as Soewereine Eienaar, het bepaal dat Nebukadnesar teen Jerusalem optree en die stad aan die vreemde koning oorgegee is. Soos reeds gesê, stel God konings en regering aan en stel Hy hulle af. Hy het al lank vooraf gewaarsku, deur die profete,  dat die Volk  hul voordeel sal verloor en ook dat die ontneming van die Land se “rus”, met die Sabbats- en Jubeljare wat nie nagekom is nie, dat God die Volk sal straf en wegneem uit hule beloofde land.

Selfs die kosbaarhede van die Tempel het God aan die heidense koning gegee, aangesien dit bloot simbole was vir die Volk en nie meer deel van hul aanbidding en getrouheid aan die God wat hulle uitgelei het en ingebring het in ‘n land wat hulle nie gebou of beplant het nie.

Die god wat nou hierdie heilige voorwerpe sou onteer het, was die Babeloniese god, Marduk.  Die landstreek “Sinear”, was natuurlik geassosieer met Babel in die Skrif.

In hoofstuk 1 ontmoet ons vier jongmanne, uiters intellegent, vanuit die room van die manne in Israel in ’n vreemde land, met vreemde gebruike as gevangenisse.  Die Skrif is duidelik dat die Babeloniërs ’n ander uitgangspunt gehuldig het as hul voorgangers, die Assiriërs.  Laasgenoemde het die verowerde lande se mense weggevoer as geheel en hulle uit hulleeie  land geneem, weg van dit wat vir hulle belangrik is, om slawearbeid te doen in ’n vreemde se land. Dit het die nadeel gehad dat die slawe dinge halfpad gedoen het omdat dit as slawe gedoen was en onder dwang en daarom was die eindproduk nie die beste gehalte nie.  Die Babeloniërs het dit gesnap en die land bloot verower en die grootste gros van die gevangenisse in hul eie land agtergelaat om die land te onderhou, wat op hulle patriotosme vir hul eiendom staatgemaak het om die beste te doen.  Slegs die uitsonderlikses is weggevoer en in later topposissies geplaas wat verseker het dat hulleself en die vreemde land voordeel kom trek.

Dan 1:3  Daarop het die koning aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:  :4  jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.  :5  En die koning het vir hulle ‘n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien.

Hulle is egter aan streng toetse, liggaamlike oefening en diete onderwerp sodat die bestes kan uitblink en die res in die stroom kan wegraak.

Die beste of veiligste manier vir oorlewing sou dus gewees het om stil te bly, nie reaksie uit te lok nie en net maar saam met die stroom te gaan.

Kan hierdie jongmanne verkwalik word sou hulle gesê het: “Almal in Babel gaan maar saam met die stroom en eet van die koning se spys, ons sal dit ook maar doen om nie ander mense se gebruike te na te kom nie.”  Dit is mos die gesindheid van mense vandag: “Ons mag nie mense se reg om so te leef beoordeel nie en mag nie teen sommige gebruike gaan nie, want dit sou hulle te na kom.”  God se standaard van sonde en mense wat hiermee volhard is nie goedgepraat nie en versag nie, maar hierdie jongseuns het gestaan vir hulle beginsels.  Hulle het nie ander se gebruik verklein of verag nie, maar net aan God gehoorsaam gebly in nederige getrouheid.

Daar is ook ’n ander sy aan die gesindheid van die vier jongmanne wat hulle in gedagte moes hou:

Om uit te staan of in opstand te kom in die omstandighede waarin hierdie vier vriende geleef het sou gewoonlik uitgeloop het op dood of marteling.  Die bewyse is daar dat dood en grusame marteling van rebelle en vyande van hierdie Babeloniërs ’n werklikheid was.  Hulle het van die barbaarse metodes gebruik gemaak om gehoorsaamheid en lojaliteit aan hul koning en gebruike af te dwing.  Ons kan maar net die gebeure van hoofstuk 3 en 6 lees om te verstaan dat hulle nie genadig was teenoor mense wat nie aan hulle wette ongehoorsaam is nie.

Ons lees egter in hoofstuk 1 vers 8 dat daar iets “anders” in Daniël en sy vriende was, ’n passie om nie prys te gee wat hulle aan die binnekant is nie.

Dan 1:8  En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.

Die volgende vers is die eerste reaksie op die mens wat getou bly aan God en Sy beginsels – En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

Dit is die doel van die Boek om die morele standaard te vestig sodat die leser God se handeling en Belofte kan begryp.

Dan. 1:6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.  :7 Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo.

Daar gebeur ook ’n volgende aanslag op hierdie vier jong seuns, hulle name word verander om hul verbintenis met God en hulle Volk te verbreek.  Die naam wat aan die Jood gegee was het baie groter waarde gehad as die naam wat vandag in die weste aan kinders gegee word.  Elke naam het die karakter van die persoon, of die oorsprong van die familie of die Karakter van God in Israel beskryf.  Hierdie name was hulle verbintenis aan hulle geloofsoortuiging en hul band met hulle Volk en land.  Heidense name het ook dieselfde waarde gehad aangesien dit mense verbind het aan heidense gode en gebruike.  ’n Naam was dus ’n eervolle saak of ’n vervloekking – afstand doen van jou naam en die aaneem van ’n heidense naam was dus die afsterwe of verloëning van jou waardes.

Daniel word verander na Beltsasar, Hananja word Sadrag, Misael word Mesag en Asarja word Abednego.

Daniel se naam beteken – God is my Regter, maar sy nuwe naam beteken Bel beskerm sy lewe – “Bel” is die Babeloniese God of ook genoem Marduk.

Hananja se naam beteken – God is Genadig, maar word verander na Opdrag van Aku, die maangod.

Misael se naam beteken – Wie is soos God, maar hier word dit verander na Wie is soos Aku.

Asarja se naam beteken – God het gehelp of gered, maar verander na Dienskneg van Nebo, nog ’n Babeloniese god.

Hier is ’n tweede punt wat die skrywer maak ten opsigte van God en die verhouding met die mens:

Name, uiterlike handelinge en oortuigings is nie dit wat die verhouding met God verseker en vestig nie, maar ’n keuse om aan God gehoorsaam te wees, algeheel afhanklik van afkoms en oortuiging.  Dit is ’n lewe wat innerlik sy oorsprong het en wat uitloop op ’n veranderde leefwyse, oortuigings en gesindheid.

Daniël en sy vriende se name is verander, maar die naam wat God hulle genoem het, was van groter belang en dit is waarop hulle gefokus het.  Wat dit nog meer indrukwekkend maak is dat hierdie seuns, volgens oorlewering, ongeveer 14-15 jaar oud was en sulke geestelike volwassenheid getoon het.

Die hoofstuk sluit af met ’n toets wat oor hierdie vier jongmanne kom.

Dan 1:9  En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.   :10  En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?  :11  Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het:  :12  Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;  :13  laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.  :14  Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel.  :15  En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.

Die voedsel wat hulle moes eet om, volgens Babeloniese standaarde, hulle verstand en fisieke liggaam sou ontwikkel was voedselsoorte wat, volgens Joodse wette, onrein was en ook boonop aan afgode geoffer was.  Dit sou vir die jongseuns algeheel teen hulle godsdiensoortuiging indruis en ook ongehoorsaamheid aan God beteken.  Dit is duidelik dat hierdie seuns uit ’n baie godsdienstige huis gekom het en dat hulle oortuigings baie diep ingeskerp was.  Hul verhouding met God het meer gewees as bloot net gehoorsaamheid aan Joodse wette, dit sou hulle moreel besoeddel.

Die jong Daniël neem ’n belangrike besluit wat sy lewe kan kos en ook geweldige gevolge hê vir die ander jongseuns in die paleis van die koning.

Die “gewone” voedsel wat hulle vra om te eet, in plaas van die spyse wat die koning voorskryf, moes dieselfde eindproduk lewer as wat die koning in gedagte gehad het as aanvaarbaar.  Dit was ’n geweldige risiko aangesien die koning, bloot uit hardkoppigheid om ’n punt te bewys, hulle die toetsing kon laat dop het en dan te laat doodmaak.  Weer sien ons die beloning wanneer die mens aan die standaard van God gehoorsaam is, Hy laat die getroue nie in die steek nie.

Dan 1:17  En hierdie vier jong seuns—God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.  :18  En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring.  :19 En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.  :20  En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.

Wat is die les – dat reinheid van die hart en getrouheid aan God kom voor aardse sukses en voorspoed.  Jesus se woorde kom hier in gedagte: “Soek eers die koninkryk van God en Sy Geregtigheid, en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word” – Matt. 6:33.

 

Einde van Hoofstuk 1.